Koeksisters is ‘n ou Kaapse lekkerny wat gemaak word van deeg wat gediep braai word in olie en dan in Suikerstroop gedoop word of in Klapper gerol word.
Die woord Koek-Sister kom van die woord Koek, wat gebak is en Sister wat verwys na die ‘sis’ of vrou wat dit bak.
Koeksisters kom nie net voor in Suid Afrika nie, maar oor die hele wêreld word koeksisters op verskillende maniere en geure gemaak: Turkse Tulumba met lemoen, Suid Asiese Jalebi en my gunsteling Griekse Kataifi met neute.
KOEKSISTER RESEP
DEEG:
4x 250ml Koekmeel ,257ml Water ,½ Eier Geklits, 20ml Margarien, 25ml Bakpoeier
Olie vir Diepbraai
Sif droë bestandele saam, en vryf Margarien deur droë bestandele. Klits halwe eier en water by meel mengsel. Meng deeglik deur en laat deeg rus vir 15 minute tot 5 ure.
STROOP:
1,5kg Suiker, 800ml Water, 12,5ml Kremetart, 40ml Suurlemoensap
Bring tot Kookpunt in groot pot en laat prut vir paar minute. laat die stroop afkoel tot kamertempratuur.
Dip die warm Koeksister deeg in koel stroop. En plaas op draadrak
Verhit Olie. Met koekroller rol deeg tot so 5mm dik, Sny in reghoeke, En draai in teenoorgestelde Rigting(Vlegsel)> Druk punte stewig vas en Braai tot Goue bruin.