Hierdie is die DROOM SPAN wat Kontrei Padstal moontlik  maak.

Dis die span wat elke dag die kliente ontvang met ‘n vriendelike glimlag en dit alles moontlik maak.

Ons was so bevoorreg om in 2012 ‘n fantastiese span oorteneem van ‘n plaaslike restaurant wat sy deuregesluit het en hier het ons ‘n span gekry wat vandag familie is en met die jare net  gegroei het.

Kontrei Padstal is werklik ‘n Hartsplek waar ons alles wat ons hier gee uit ons harte gee.

Hier is ons almal Mammas, Tannies en  het ons al saam gelag, gehuil, Personeel gegroet…nuwes verwerwelkom , ‘n restaurant herbou na ‘n trok deur ons gery het, en self covid herleef met take aways en ‘ roadhouse 🙂  Ons het soveel mooi tye en herinneringe deur die jaar bymekaar gemaak. Kontrei Padstal is nie net ‘n werk nie dis ‘n Familie, dis pns hartshuis. Kyk hierdie span het soveel “Sparkle” En “Giggels” mens kan nie anders om jou siel te kom vul met so vrolike groep nie.

Ons is so trots toe ons die 10 jaar mylpaal haal en sien so uit op ons reis vir die volgende 10jaar. En ek weet met so ‘n Pragtige span agter ons…..wel kan dit net goed gaan.

Dankie: Faye, Lenie, Desmoline, Aneliswe, Candice, Rochelle, Tasha, Rosie, Estelsia, Shareen, Marelize, Zaan, Tasha , Charlotte en Nicolene

“Together we are Family”