SUURLEMOEN WENKE
Dis nou suurlemoen seisoen en hulle is volop en is nou reg vir pluk en tog so lekker in tuisgemaakte disse. .Dis soveel beter om vars suurlemoene in die kombuis te gebruik, want kos en tuisgebak smaak sommer afgerond.
Jy kan jou suurlemoene so Stoor vir later se gebruik: Rasper die suurlemoen se skil af en druk dan die suurlemoen sap daaroor. Giet dit in ysbakkie of in klein sakkie en vries dit. Ontdooi soos nodig kry vir daai lekker gebak of om vleis te geur.
Bestandele: 1 blik kondensmelk, 3/4 suurlemoensap, 500ml ultramel room, 1 pak Tennisbeskuitjies
Metode:
Klits room en Kondensmelk saam, Voeg suurlemoensap by en klop styf. Voer jou bak met Tennisbeskuitjies en gooi mengsel oor. Plaas in yskas en laat styf word. Kan gekrummelde tennisbeskuitjie bo oor sprinkel om dit afterond….Geniet saam ‘n koppie Boeretroos.